Die Demokratiese Alliansie in Gauteng-Noord het Saterdag Rdl. Solly Msimanga, DA-koukusvoorsitter indie Tshwane-Metroraad, verkies om Rdl. Brandon Topham op te volg as streekvoorsitter.Mnr. Msimanga is the voormalige Provinsiale Direkteur van die party in Gauteng asook Nasionale Direkteur van die DA se Leierskap en Ontwikkelingsprogram. Die ander kandidaat vir die DA-leierskap in the streek was Stevens Mokgalapa, 'n parlementslid en Skadu-Adjunkminister van Buitelandse Sake.Mnr. Msimanga, afkomstig van Attridgeville, is in Mei tot die Tshwane-Metroraad verkies en werk as proporsionele verteenwoordiger in die party se Pretoria-Wes kiesafdeling.In sy toespraak aan die DA Gauteng-Noord Streekskongres, het Mnr. Msimanga gesê dat die DA alreeds die argumente van dienslewering in die raadsaalen in die media wen.Anders as die ANC, hoef die DA nie plekname te verander om swak regeringsprestasie te verbloem nie. Die DA se uitdaging vir die algemene verkiesing in 2014 is om die implikasies van wanbestuur in die Tshwane-Metro te verduidelik aan diegene wat noormaalweg ANC sou stem. In die komende jaar sal hy verseker dat die party sy teenwoordigheid op voetsoolvlak verhoog, veral in die townships. Die DA sal 'n aaneenlopende reeks veldtogde voer om kwessies wat vir kiesers belangrik is aan te spreek. Die kongres was toegespreek deur die DA-leier Helen Zille, sowel as die party se parelementêre leier, Lindiwe Mazibuko. Me. Zille het beklemtoon dat die DA die enigste party in Suid-Afrika is wat vandag 'n sukselvolle verkiesingskongres kan hou. Sy het gesê die DA behoort trots te wees op die gedissiplineerde, geordend en oop manier waarop die party wedywering tussen kandidate in 'ninterne verkiesings, en daarna agter die wenner verenig. Anders as die ANC laat die DA nie toe dat interne wedywering binne die party inmeng met doeltreffende regering daar waar die party aan bewind isnie. Rlde Justus de Goede, veteraan DA-politikus en voormalige Suid-Afrikaanse diplomaat, en Winston Campbell, gemeenskapsleier in Eersterus, is verkies tot ondervoorsitters van die party. Die res van die DA streeksleierskap is Adriana Randall, (finansies),Janho Engelbrecht (spesiale projekte), Reyaan Uys (media en publisiteit),Roelof Fourie (tussenverkiesings), Suzette Fourie (lidmaatskap) en Crezane Bosch (opleiding). Die DA se Parlementslede - Mnr. Mokgalapa, Natasha Michael, Dr. Manie van Dyk, Dr. Junita Kloppers-Lourens, Sej Motau en Kenneth Mubu - sowel as DA-lede van die Gauteng Wetgewer uit die streek - Les Labuschagne, Rika Kruger en Fred Nel - bly deel van DA-dagbestuur in die streek.
Sunday, 27 November 2011
Solly Msimanga nuwe DA-Voorsitter in Gauteng-Noord
Labels:
DA Gauteng Noord
Location:
Pretoria, South Africa
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment